1.    Dit was in Stellenbosch  
  2.    Maybe my Baby  
  3.    Nou
  4.    Perfect  
  5.    Boesman  
  6.    Mense van die bo Karoo
  7.    Roller Coaster Ride
  8.    Die Trein  
  9.    Nou is alles verby
  10.  Blou Maandag  
  11.  How will I know who you are
  12.  Ek weet
  13.  Ek het jou nooit vergeet  

Eerste indrukke:

“n Nuwe vars klank” is die eerste indruk wat mens kry wanneer jy na hierdie twee sussies luister.  Dit bevat 13 puik snitte en is ‘n fees van musiek met ‘n unieke styl.

Musikale inhoud:

Die album bevat ‘n verskeidenheid van musiek.  Sommige snitte is soos goeie verouderde rooiwyn, terwyl met die ander snitte jy nie anders kan as om jou lyf te swaai nie.

Agtergrond:

Behalwe die paar deksnitte op die album, bevat dit baie oorspronklike materiaal wat self deur die twee kunstenaars geskryf is.  Elke liedjie vertel ‘n ware verhaal, dit word met oorgawe vertolk en die natuurlike aanvoeling tussen die kunstenaars is opvallend.

Radiotreffers:

Dit was in Stellenbosch; Nou ; Mense van die Bo-Karoo ; Roller Coaster Ride ; Die Trein en Ek weet.

Hoogtepunte:

Die album is baie luistervriendelik en dit is twee sangeresse wat kan sokkie met styl!!

Wie sal dit geniet?

Die album bevat ‘n verskeidenheid van musiek wat ‘n groot mark sal bevredig. Dit verskaf luistergenot vir jonk en oud.  Dit neem jou op ‘n reis deur die verlede, verlange, geluk, verliefdheid, inspirasie en die lewe.  Mag almal so gelukkig wees om hierdie CD in hul versameling te hê!